’n Bondel stof as jy huiswaarts kom
Bruin verbrand deur weer en son
Met ’n moedige glimlag wanneer ander ween
As daar water oor die ryp koring reën
En soggens dan sien ek jou kniel voor jou bed
Waar jy bid tot God om dankie te sê vir dit wat jy het
En dan werk jy weer moedig tot sonsondergang
Om ons als te kan gee waarna ons verlang
Vir almal was jy ’n vriend , warm soos die son
En toe besluit God om jou saam te neem met Hom
En nou mis ons jou glimlag, maar ons weet dat jy waak
Oor ons in die donker
Wanneer ons gaan slaap
- Klik hier vir raad aan ontluikende skrywers.
- Klik hier om gedigte op PoësieNet te lees.
(Stuur gedigte vir publikasie op hierdie blog aan gedigteblog@litnet.co.za. Digters moet kopiereg hê op gedigte wat hulle instuur. LitNet aanvaar geen verantwoordelikheid vir onverantwoordelike kopieregskending nie.)