Hier kom nou die aanhaling en gedig woordeliks uit die boek Ecstasy, deur Gareth Thomas, uitgewer: Sanctuary Publishing Limited, London 2002; ISBN:1-86074-426-5
This book is a treasuretrove of misinformation. It’s the parents’ fault. Parents, bless them, habitually misinform as part of their brief. Both directly and subliminally through inference and body language, parents pass on outdated and just plain wrong values to their children from birth to adulthood. Their own parents, of course, misinformed them in turn. British poet Phillip Larkin, reactionary misanthrope though he was, got it right when he wrote:
They fuck you up, your mum and dad
They may not mean to but they do
They fill you up with the faults they had
And add some extra just for you.
Deon
DIE ONDERSTAANDE BRIEF VAN MY VERSKYN VANDAG, 27 NOVEMBER IN DIE BURGER
Sodra ek weer die boek oor Ecstacy uitneem by die Biblioteek sal ek die vers deur Philip Larkin in die oorspronklike Engels byvoeg. Heelwat meer direk as my vertaling en beign met „They fuck you up, your parents” ensovoorts
Deon
DB 27 November 2008
Na Zelda Jongbloed se onlangse uitdagende artikel in Die Burger Saad van vernietiging…, het gedagtes oor onlangse hofsake herleef: Die “Waterkloof-vier” uit gegoede, “ingeligte en opgevoede” agtergrond; drie seuns van Belville; die aanval op die Merriweatherseun wat hom verlam het; die Skielrik slagting en die skuldige. Die eerste twee en laaste aanvalle rassisities, die Merriweathergeval na bewering homofobies.
Hoe ontstaan rassistiese en homofobiese haat by skoolseuns?.
Sterk invloede op vormende gemoedere moet belangrik wees. Vir die gelowiges – “die sondes van die vadere wat besoek word aan die derde en vierde geslagte van die wat my haat?”
Arrogansie en gebrek aan berou by enkelinge, deur die landdros uitgespel het waarskynlik die straf van die Waterkloof vier verswaar..
Die Belville drie het ligter afgekom. Die rede nie ooglopend nie, dalk te danke aan berou en nederigheid.
Johann Nel en die lot van sy SkieRlikslagoffers is ‘n onbegryplike tragedie. Sy kortgeknipte borselkop met dooie oë ruk mens aan die hart. Sy kinderdag-afsondering in gesinsomgewing het sy vormende invloede tot familielede beperk. Volgens Jongbloed: “Dit sê ook iets van die rol wat sy ouers in hierdie proses gespeel het .. dat Nel … tuis onderrig is en in amper-isolasie … grootgeword het.”
Na onlangse polemiek oor Koos Kombuis se Bipolêreuitlatings is totaal-ongegronde aantygings gemaak dat ek die gebruik van Ecstasy en ander dwelms bevorder en selfs aanbeveel het.
Uit ‘n gesaghebbende boek This is Ecstasy 1 word toepaslik in eie vertaling aangehaal: “Ouers … uit gewoonte verskaf waninligting as deel van hulle ‘opdrag’ sowel direk as subliminal deur afleiding en liggaamstaal en dra … uitgediende en eenvoudig verkeerde waardes oor aan hulle kinders … soos hulle eie ouers dit gedoen het.”
Die Engelse digter, Philip Larkin “reactionary misanthrope though he was” verwoord dit as volg in eie vertaling:
“Hulle voeter jou op, jou pa en ma
Sonder bedoeling gebeur dit nou
Hul vul jou met foute deur hulself gedra
Met ietsie ekstra spesiaal vir jou.
Emeritus Professor Deon Knobel
24 November 2008
1. Gareth Thomas; Sanctuary Publishing Limited 2002