sing jou liefdeslied vir My,
deel jou hartsgeheime.
vra die vrae
waarvoor jy nie antwoorde vind nie;
stort die trane wat jy nie kan terug dwing nie;
lê jou siel voor My bloot.
speel die komposisie oor jou lewe
Ek ken reeds elke noot.
Ek ken die melodie net soos Ek elke ster
se naam en skuilplek ken;
Ek ken die ritme van jou hart
net soos die geklop van die akkers op die sinkdak,
soos die skaduwees van die wind,
net soos die seisoene ken ek jou, My kind.
Ek ken elke snaar se klank voor jy dit pluk,
elke akkoord voor jy dit druk.
so laat jou woorde val,
Ek sal jou vang.
- Klik hier vir raad aan ontluikende skrywers.
- Klik hier om gedigte op PoësieNet te lees.
(Stuur gedigte vir publikasie op hierdie blog aan gedigteblog@litnet.co.za. Digters moet kopiereg hê op gedigte wat hulle instuur. LitNet aanvaar geen verantwoordelikheid vir onverantwoordelike kopieregskending nie.)