Ek werk nou al van half sewe af, want gaan nou-nou lughawe toe vir ‘n naweek in lieflike Franschhoek. Dis nou wel werk, maar daar is darem ook bietjie sosiaal by. En die omgewing is so mooi. Ek voel eintlik ek moet daar gaan woon, in die tuiste van my Hugenote voorsate, maar deesdae moet ‘n mens ‘n euromiljoener of ‘n BEE magnaat wees om daar middagete te eet, nevermaaind eiendom te bekostig. Sal maar wyn drink en sjokolade eet asof die plek aan my behoort. Ons word uitgeneem na Grande Provence Restaurant vanaand, glo een van die top tien in die land; lekker!
Ek is net regtig siek vandag. Het maar antibiotika begin, en drink vitamine en disprin, maar voel goor.
Sal seker erger voel na die vlug, miskien help ‘n G en T.
Ek klink soos ‘n alkoholis, en drink eintlik nooit nie!
Ek hoop almal se naweek is heerlik.