Ek het die vreemdste assosiasie: As ek
Roxette hoor,
ek nie help as om te dink aan Dawie die Kabouter nie. Onthou julle dat ‘n
musiek video altyd net voor Dawie die Kabouter gespeel het? Nou ja, toe Dawie
en Lisa in bome verander het, die heel laaste episode, die episode wat vir my
en my boetie so TRAUMATIES was dat my ma dit nie eers getape het nie, toe speel
Roxette se Crash Boom Bang.
Vir die res van my lewe gaan ek ‘n
bottel-blond vrou wat trappies klim assosieer met een van die hartseerste
oomblikke van my kinderdae.